
=====================================================================
Staan nader -- daar's hoop! (AV 4:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Staan nader -- daar's hoop!

Theunis Engelbrecht   luister na Afrikaanse popmusiek en gee sy aanvoeling van watter liedjies op die tong sal bly.

Watter populre Afrikaanse musiek is tydloos? Afrikaans Vandag het di taai vraag aan my gestel. Di vraag is boonop soos 'n muis wat 
kleintjies kry.

Watter objektiewe maatstawwe van tydloosheid is daar? Wanneer dit kom by voorkeure en afkeure, sal persoonlike indrukke altyd 'n rol speel. 
Daarom gaan ek nie eens probeer voorgee dat wat hier volg, 'n wetenskaplike artikel is wat klinkklare antwoorde sal lewer nie.

Vir 'n vereensaamde bejaarde mag Bles Bridges se "Ruiter van die windjie" tydloos wees   omdat dit haar altyd herinner aan gelukkige dae -- 
toe haar krel destyds op sy perd by haar op die plaas aangekom het om op te sit, of so iets. En: Wat verstaan 'n mens presies onder 
"populre Afrikaanse musiek"? Bles Bridges mag gewild wees in ouetehuise en beklemmende voorstede, maar nie in die Kaap nie, waar 
kunstenaars soos Oom Hansie, Funny Carp en Groove Station waarskynlik al van die gewildste Afrikaanse kunstenaars was. Maar ook dit is 
veralgemening.

As 'n mens kyk watter Afrikaanse musiek vandag gewild is, het jy genoeg rede om ernstige bedenkinge te h oor moontlike aansprake op 
"tydloosheid", "grootsheid" en "onvergeetliklheid".

Populariteit word gemeet aan verkope, het Bles Bridges altyd in onderhoude ges, en dit is, helaas, eenhonderd en elf persent korrek. Die 
Afrikaanse ligte musiek wat die beste verkoop, is di van mense soos Touch of Class (met lirieke soos "Ek en my meisie bly in 'n huisie" op 
die wysie van "Pretty Belinda"), Andr Schwartz   (wie se liedjies hoofsaaklik bestaan uit oorsese melodie met nuwe Afrikaanse lirieke wat 
klink of hulle uit 'n horskooljaarblad kom), Jurie Els   (dis veiliger om te swyg), Worsie Visser en die Klipwerf Boere-orkes, die Lente-
Oes Boere-orkes se   aweregse album Lekker stoutgat treffers en die erg pynlike Maak-haar-eina van die Hervormde Partytjie op Horings. En 
dan natuurlik Steve Hofmeyr.

Onder die beste verkopers tel ook immergroen dinamiese dames (wat altyd daarin slaag om jonk te lyk) soos Rina Hugo en   Carike Keuzenkamp.

Nee, hier sal 'n mens niks onsterfliks vind nie. Maar, soos ges: wat vir een mens sterflik is, is vir 'n ander onsterflik.

Self sal ek vir die res van my lewe na sommige liedjies van die volgende kunstenaars kan luister en steeds iets daaruit put: Koos du 
Plessis, David Kramer, Laurika Rauch, Clarabelle van Niekerk, Amanda Strydom, Anton Goosen, Koos Kombuis, Valiant Swart, Coenie de 
Villiers, Marimba (veral die album Uit die bloute), Lucas Maree en Jannie du Toit se heel vroegste werk.

En vir my was een van die heel opwindendste Afrikaanse albums di van Koos -- nie Kombuis of Vannermerwe nie, maar doodgewoon net Koos: 'n 
punkgroep van die jare tagtig met onder andere die akteur Marcel van Heerden as sanger en die kunstenaar Neil Goedhals as kitaarspeler.

Verskillende mense luister met verskillende ore. 'n Mens kan nie Afrikaanse rock probeer beoordeel met standaarde van 'n kunswedstryd nie. 
Jy kan nie na die luisterliedjie luister en verwag dit moet aan dieselfde standaarde voldoen as Smashing Pumpkins en U2 nie. Soveel smake, 
soveel style. Jy kan nie met kabaret-ore na Battery 9 luister nie.

S gesien, is ook die Briels se musiek tydloos, of die hore kultuur-indoenas dit nou wil erken of nie.

S ook Oom Hansie se liedjies soos "Ek soek die lekker ding" of die Lente-Oes Boere Orkes se "Staan nader met daai wonderlike stert",

Wat wel 'n positiewe ontwikkeling in Afrikaanse musiek is, is die gebruik van al hoe meer uiteenlopende musiekstyle -- van punk tot techno 
en psigedelies. En ook harde, industrile musiek, soos di van Battery 9.

Oudergewoonte is die bruin Afrikaanssprekende musikante in die verlede benadeel deurdat nie baie van hul musiek opgeneem is nie -- maar 
groepe soos die ongelooflike Mr Mac & The Genuines, Groove Station en Funny Carp het reeds getoon dat di deel van die gemeenskap 'n 
besonder verruimende, bevrydende en opwindende bydrae tot Afrikaanse musiek kan maak. Meer daarvan is nodig. Om mee te begin, kan al hul 
albums wat net op viniel beskikbaar is, ook op CD uitgereik word sodat dit opnuut beskikbaar is. Instansies wat hulle beywer vir die 
ontwikkeling van Afrikaanse kultuur kan gerus maar die hand in die sak steek en 'n plan maak.

Daar is briljante liedjieskrywers in Afrikaans. Hulle is waarskynlik die vernaamste bate van Afrikaanse musiek. 'n Mens dink veral aan name 
soos Christopher Torr, David Kramer en Anton Goosen. Torr se werk is deurgaans van 'n baie ho standaard, terwyl Goosen en Kramer wel 
kompromie moes aangaan deur erg kommersile musiek te skryf, net om te kan oorleef.

Nuwe, jong talent is altyd belangrik. Dis veelseggend dat van die opwindendste pop- en rockgroepe in Suid-Afrika Engelse musiek maak, maar 
uit oorwegend Afrikaanssprekende musikante bestaan -- soos Springbok Nude Girls, Dorp, Spiral Staircase en heelwat ander.

Dan moet 'n mens ook in ag neem dat die meeste platemaatskappye in die eerste plek daarin belang stel om geld te maak eerder as om gehalte 
te bevorder. Geld word gemors op die opneem van middelmatige verstrooiingsmusiek en is dus nie beskikbaar vir kunstenaars wat musiek maak 
met meer om die lyf nie.

Maar gelukkig is daar ook uitsonderings. Die grootste hoop l altyd in die onafhanklike maatskappye, waarvan daar nie baie is nie, maar 
darem. Hr dink 'n mens veral aan die werk wat maatskappye soos JNS Musiek en Wildebeeste-plate doen.

Daar is dus genoeg rede tot wanhoop, maar ook hoop. Die Afrikaanse musiekbedryf is wel baie ongebalanseerd en onregverdig, maar jy kry ook 
individue met inisiatief.

Ek dink 'n goeie tyd l vir Afrikaanse musiek voor. Lucas Maree is reg wanneer hy s dit is 'n goeie ding dat die Afrikaanse kultuur sy 
verskanste, bevoorregte status verloor het, want nou is daar skielik groter kreatiwiteit.

Eerder as om te mor moet 'n mens probeer om die bedekte seninge raak te sien.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av4210.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 1997 /// Afrikaanse sektor moet in rat kom (AV 4:2) /// 'n 
Positiewe taaltoekoms (AV 4:2) /// Staan Afrikaans sy man oor die lug? (AV 4:2) /// SAG begin wins sien (AV 4:2) /// Tale word digterlik 
saamgebind (AV 4:2) /// Laat Afrikaans soos kakiebos woeker (AV 4:2) /// Afrikaans en 'n taalplan vir Suid-Afrika (AV 4:2) /// Keuses word 
nou vir en in Afrikaans gemaak (AV 4:2) /// Moedertaalonderrig is belangrik (AV 4:2) /// Staan nader -- daar's hoop! (AV 4:2) /// Hoekom 
stry? (AV 4:2) /// Zoo leert men ... Afrikaans (AV 4:2) ///

